NewsNews

Sommige winkels in Potch sluit deure as voorsorg

Teen Maandagmiddag (12 Julie)  was daar nog geen teken van enige onluste in Potchefstroom nie. 

Sommige winkels in die wandellaan asook die Riverwalk winkelsentrum het hulle deure vanmiddag (12 Julie) gesluit.

Dit is na aanleiding van die moontlikheid dat die betogings wat in Gauteng en KwaZulu Natal, in die Noordwes sal oorspoel.

Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is daar tans geen onluste in die dorp nie.

“Ons het voertuie wat orals rond ry en gaan kyk maar daar is tans geen teken van enige betogings nie,” het Haefele gesê.

Ryno Meiring, bestuurder va ndie Mooirivier Mall het benadruk dat diè winkelsentrum steeds oop is.

“Ons monitor die situasie, enige van ons winkels wat wil toe maak is welkom om dit te doen ons het ons ondergrondse parkering toe gemaak as ‘n voorsorg maatreël,” het Meiring gesê.

Die Herald het verskeie stemboodskappe en oproepe ontvang van inwoners wat waarsku dat die onluste ook in die dorp gaan begin.

Teen Maandagmiddag (12 Julie)  was daar nog geen teken van enige onluste in Potchefstroom nie.

Soos die situasie verander sal die Herald, meer inligting bekend maak.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button