NewsNews

Klerksdorp ma veg voort teen kanker

Kort nadat die 38 jarige ma 'n operasie ondergaan het wat 15cm van haar kolon verwyder het, het sy die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar lewer versprei het.

In Februarie vanjaar is ‘n ma van twee met kolonkanker gediagnoseer.

Kort nadat Yolande van Greuning (38) ‘n operasie ondergaan het wat 15cm van haar kolon verwyder het, het sy die slegte nuus ontvang dat die kanker na haar lewer versprei het. Alhoewel hoop in die vorm van Immuno terapie gekom het, het Jolandé  ‘n verdere terugslag beleef. Dié behandeling wat saam met Chemoterpaie elke drie weke herhaal moet word, word nie deur hulle mediese fonds gedek nie.

Jolande en haar man Tinus

 

Sy en haar gesin is met twee keuses gelaat, of hulle sou die ongeveer R45 000 per maand op ‘n manier moet insamel of hulle sou moes vrede maak met die feit dat haar seuns (10 en 13 jaar) haar stadig sal moet sien sterf.

Haar gesin, vriende en uitgebreide familie, het besluit om saam met haar te veg. Hulle beoog om R500 000 in te samel ten einde medies eonkostes te dek en vir Jolandé die geleentheid te gee om deel van haar gesin se lewe te wees.

Verskeie fondsinsamelingsprojekte is reeds geloods. Alle inligting rondom hierdie projekte kan op die Jolande van Greuning Ondersteuners Groep op Facebook gesien word. Enige bydrae kan in die onderstaande bankrekening gemaak word.

J. van Greuning

FNB

Current account

62906976529

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button