CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Handige wenke om voor te berei vir die eksamen

Met die eksamens voor die deur het Afrikaans.com ‘n paar handige wenke saamgestel vir daardie senuwees wat knaag.

Met die eksamens voor die deur het Afrikaans.com ‘n paar handige wenke saamgestel vir daardie senuwees wat knaag. Daar is gratis eksamenvraestelle om af te laai en klas- en studiegidse deur Lapa. Gaan kyk gerus by www.afrikaans.com en klik op die Leerhulp-blokkie. Met die regte gereedskap in jou leerarsenaal is leer eintlik lekker.

Doen die volgende om leer makliker te maak:

  • Oefen deur herhaling – Beantwoord ou vraestelle of voorbeeldvrae. Daar is heelwat vraestelle op Afrikaans.com beskikbaar, maar jou klasonderwyser behoort ook hiermee te kan help.
  • Sien om na jou gesondheid – Maak seker jy eet, slaap en oefen genoeg. Dit help met jou stresvlakke.
  • Werk met ‘n plan – Stel ‘n studierooster op, bestuur jou tyd en maak seker jou leeromgewing is netjies en stil. Maak ook seker dat jy alles byderhand het om jou leerwerk te vergemaklik. Dit sal daartoe bydra dat jy nie oorweldig voel nie.
  • Visualiseer jou werk – Gebruik kleure en breinkaarte en ander strategieë i.p.v. net woorde sodat jy meer van jou breinkrag inspan.
  • Verduidelik die werk aan iemand anders – Beantwoord vrae of vertel vir ander waaroor jou werk gaan. Wanneer jy iets aan ander verduidelik, of vrae moet beantwoord, kom jy vinnig agter of jy die werk regtig onder die knie het.
  • Sosiale media – Dit kan ingespan word om jou begrip van jou werk uit te brei.

Dit is raadsaam om byvoorbeeld ‘n studiegroep op WhatsApp bymekaar te kry. Dit sal jou help om jou vordering dop te hou, of jou vinnig reghelp as daar iets is wat jy nie behoorlik verstaan nie. Dit kan ook dien as waarskuwingstelsel as jy dalk agter raak. Daar is ook heelwat Facebookgroepe vir spesifieke vakke – nog ‘n uitstekende manier om materiaal te deel en groepbesprekings te hou. Gaan lees gerus meer by https://afrikaans.com/2019/07/23/matrieks-handige-wenke-vir-die-eindeksamen/ – daar is ook ‘n paar kort videowenke deur juffrou Marelize Swanepoel.

Related Articles

Back to top button