CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Betogers veroorsaak verkeerschaos

Betogers het met motors, ‘n stootskraper en trokke die kruising by Beyers Naudélaan en Nelson Mandela rylaan (12) motoriste wat die N12 wil gebruik, afgesper.

Betogers het met motors, ‘n stootskraper en trokke die kruising by Beyers Naudélaan en Nelson Mandela rylaan afgesper. Motoriste wat van Klerksdorp af Potchefstroom binnegekom het, is al van laatoggend in die verkeer op die brug vasgekeer. Albert Luthuliweg is tans onder druk verkeer, omdat motoriste van die N12 herlei word. Lede van die openbare orde polisie en verkeer is tans op die toneel.

Verkeer op die brug in Nelson Madelaweg is sedert laatoggend op die brug vasgekeer. Foto: Venessa van der Westhuizen

Volgens die polisiewoordvoerder in die Noordwes, kol Adéle Myburgh, is die betogers kontrakteurs van die Tlokwe Besigheidsforum (TB) wat ontevrede is. Die betogers het vroeër vanoggend ook die ingang na die kantore van Publieke Werke in Kruisstraat blokkeer dat voertuie nie in of uit die perseel kon beweeg nie. ‘n Gedeelte van Kruisstraat was ook afgesper. Kol. Myburgh het bevestig dat daar sover geen skade of beserings in die betogings gerapporteer was nie.

‘n Anonieme bron het aan die Herald gesê dat die betogers ontsteld is omdat hulle glo dat hulle geïgnoreer word wanneer tenders toegeken word.

Die Herald het vanoggend die betogers voor die ingang van Publieke Werke genader, maar hulle wou geen kommentaar lewer nie en het uiteengegaan. Omstanders was ook nie bereid om met die media te praat nie.

Van die betogers wat vir die blokkade verantwoordelik is. Foto: Venessa van der Westhuizen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button