CommunityNewsNewsPhoto Galleries

JB Marks trio staan tereg op 9 aanklagtes

Kgotso Khumalo, Mohau Shuping en Cyril Henry staan altesaam op nege aanklagte van diefstal en bedrog ter waarde van R577 218 tereg.

Kgotso Khumalo, Mohau Shuping en Cyril Henry staan altesaam op nege aanklagte van diefstal en bedrog ter waarde van R577 218 tereg.

Dié geld is in 2018 en 2019 na bewering van die J.B. Marks munisipaliteit gesteel onder meer uit ‘n munisipale trustfonds wat ‘n plaaslike prokureur in Potchefstroom bestuur het.

Die drie se verhoor begin vandag (12 Oktober) in die Ventersdorpse streekhof nadat dit gister uitgestel is omdat daar nie genoeg hofpersoneel was nie.

Agt van die nege aanklagtes ter waarde van R477 218 is teen Shuping aanhangig gemaak. Sommige van dié aanklagtes deel Shuping met Khumalo en Henry. Khumalo, die voormalige uitvoerende burgemeester, staar twee diefstalaanklagtes ter waarde van R164 218 in die gesig terwyl drie bedrog aanklagtes ter waarde van R280 000 teen Henry aanhangig gemaak is.

Shuping en Henry word volgens die klagstaat beskuldig dat hulle op 27 November 2018 en 2 Februarie 2019 twee fakture ter waarde van R35 000 elk vervals het. Dié fakture was uitgemaak vir dienste wat kwansuis tydens ‘n begrafnis gelewer is. Die derde bedrogaanklag teen Shuping en Henry was vir ‘n vals faktuur van R210 000. Dié faktuur was nie ‘n ware weerspieëling van die werklike bedrag wat verskuldig was nie.

Volgens Chris Hattingh, DA raadslid van die  munisipaliteit, het dié maatskappy as tussenganger sekere dienste verskaf toe plaaslike rugbyspelers vir ‘n toer na Australië is.

Die saak teen Khumalo, Shuping en Henry spruit uit aanklagtes wat die DA in 2020 by die Valke ingedien het. Die R5 miljoen waarna berigte vroeër verwys het, dui op die bedrag wat  in ‘n trustrekening van ‘n plaaslike prokureur gedeponeer is om opgraderings aan die NWU atletiekstadion te bring. Dit was uit dié rekening wat Khumalo en Shuping glo geld na hulle eie rekenings oorgeplaas het. Tlangelani Rikhotso, woordvoerder vir die Valke in die Noordwes, het gesê dat die R5 miljoen nooit aan die ouditeur-generaal verklaar is nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button