CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Eerste van vele sekuriteitskameras in Bailliepark geplant

Baillieparkers is baie opgewonde nadat die eerste sekuriteitkamera Maandag, 11 Oktober op die hoek van Strydomstraat en die Paryslaan dienspad aangebring is.

Baillieparkers is baie opgewonde nadat die eerste sekuriteitkamera Maandag, 11 Oktober op die hoek van Strydomstraat en die Paryslaan dienspad aangebring is. Dit is die eerste van 14 kameras wat uiteindelik by al die in- en uitgange van die woongebied opgerig sal word om die sekuriteit in die gebied op te skerp.

“Vandat die projek ses maande gelede geloods is, het elke komiteelid méér as hul kant gebring om van die projek ‘n sukses te maak,” sê Anné van Onselen, DA raadslid van die JB Marks munisipaliteit wat die veiligheid van Baillieparkers op die  hart dra. Sy is deel van die Bailliepark Gemeenskapsprojek-komitee (BPGP) wat hierdie projek laat realiseer. Die maandelikse moniteringskoste van dié twee kamerastasies en die kameras van Fase 1 sal deur die BPGP befonds word.

Volgens Van Onselen word daar beoog om uiteindelik ‘n totaal van 14 kamerastasies in Fase 1 te hê, waarvan 11 nou reeds bevestig is. “Die beplanning is om die kameras teen 15 Desember te begin monitor. Nét betyds voor die feesseisoen afskop,” sê Van Onselen.

Sy is besonder dankbaar vir elke BPGP komiteelid se waardevolle insette en opoffering om die woongebied veiliger te maak en moedig graag elke Bailliepark inwoner aan om deel hiervan te word. Fondse is nodig om die projek te bestuur en die toerusting in stand te hou. Eienaars van huise kan teen slegs R200 per maand ‘n bydrae lewer. Inwoners by komplekse waar bestaande kameras geïnstalleer is, betaal slegs R25 per maand en inwoners van komplekse waar geen kameras geïnstalleer is nie, betaal R50 per maand. Pensioenarisse kan aansoek doen vir afslag.

Kontak gerus enige van die komiteelede vir meer inligting of om ‘n lidmaatskap- en debietordervorm te voltooi: André Joubert 071 684 2005; Anné van Onselen (ex officio) 082 441 4412; Jan de la Hunt 083 321 6350; Johann Venter 082 875 0947; Marius Smit 082 328 3201; Robbie Cooper 082 374 7299; Stefan van der Walt 084 250 9574 of Theunis Meyer 083 627 0637.

Van Onselen wil elke inwoner bedank wat reeds ‘n maandelikse bydrae lewer en deel geword het van die projek waarby almal in Bailliepark sal baatvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button