
Ongeveer 31 kinders is vanoggend (29 November) vir verskeie beserings en skok behandel, nadat twee minibus taxis op die hoek van Klinkenberg en die N12 gebots het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, het paramedici van ER24 omstreeks 08:00 twee kinders met been beserings en een kind met ‘n nek besering op die toneel behandel.
“Die ander kinders het ligte beserings opgedoen of het aan skok gely. Almal is na die Potchefstroom Hospitaal geneem vir verdere behandeling,” het Haefele gese.
Die presiese oorsaak van die ongeluk is onbekend maar die polisie was op die toneel om verdere ondersoek in te stel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



