CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Twee munisipale beamptes waai

Die munisipaliteit het geen besonderhede verskaf oor die afdanking van Ditaba Semase, vorige brandweerhoof, en skorsing van Jack Monnakgothu, die hoof van tegniese dienste, wat in Oktober net woor die verkiesing, plaasgevind het.

Die munisipaliteit het geen besonderhede verskaf oor die afdanking van Ditaba Semase, vorige brandweerhoof, en skorsing van Jack Monnakgothu, die hoof van tegniese dienste, wat in Oktober net woor die verkiesing, plaasgevind het.

Semase is na bewering op 20 Oktober afgedank weens ongeruimdhede oor voertuigsubsidie wat hy van die raad ontvang het. Tiro Swarts neem tans in sy plek waar. William Maphosa, woordvoerder van die munisipaliteit, het wel bevestig dat Tiro die vorige brandweerhoof van Ventersdorp se brandbestreidingseenheid was en dat hy slegs vir drie maande in Semase se pos sal waarneem. Maphosa het ook gesê dat indien die brandweer nie ‘n nuwe hoof aangestel het nadat drie maande verstryk het nie, die ander onderhoof van die brandweer (volgens hom het die raad tans twee onderhoofde) weer vir die volgende drie maande sal waarneem.

Jack Monnakgothu is op 25 Oktober geskors maar niemand weet nog waaroor die skorsing handel nie. Michael Maki neem tans in sy pos waar.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button