CommunityNewsNewsPhoto Galleries

Likwidateurs wil sakeman ondersoek om geld vir beleggers terug te kry

Likwidateurs hou Ben Otto, ‘n Potchefstroomse sakeman, persoonlik verantwoordelik vir sy maatskappy se skuld en wil hom ondersoek om te kyk of hulle geld by hom kan kry.

Likwidateurs hou Ben Otto, ‘n Potchefstroomse sakeman, persoonlik verantwoordelik vir sy maatskappy se skuld en wil hom ondersoek om te kyk of hulle geld by hom kan kry, het Netwerk24 vroeër die week berig.

Otto se maatskappy, RSA Search, was ‘n soekenjin vir verblyf en is in Junie 2020 gelikwideer. Dit is in Augustus vanjaar gesekwistreer. Meer as 150 mense beweer dié Potchefstroomse sakeman het hulle met miljoene rand ingeloop nadat hulle geld by hom belê het. Hulle het ‘n groepsgeding klagte teen Otto by die Valke ingedien. Die Valke se ondersoek is egter nog nie afgehandel nie.

Otto word daarvan beskuldig dat hy ‘n piramideskema bedryf het, maar hy hou vol dat dit nie waar is nie. Hy het verlede jaar Julie aan die Herald gesê dat RSA Search se hoofbesigheid akkommodasie is en dat die maatskappy sedert die inperking nie meer ‘n inkomste genereer nie omdat die staat van inperking ingestel is.

Kontrakte is met beleggers aangegaan om in die maatskappy se winste te deel teen ’n koers van 2% of 3% per maand. In meeste van die gevalle het die beleggers hulle maandelikse winsdeling van die maatskappy ontvang.  Volgens Sinta Botha van Potchefstroom het sy R500 000 in Januarie 2019 in die maatskappy belê, waarna sy elke maand haar 3% winsdeling ontvang het. Sy sê die geld is in Januarie 2020 laat inbetaal en teen April het sy nie meer die rente ontvang nie. Teen dié tyd het Ben vir beleggers laat weet dat die maaksappy weens die staan van inperking sukkel en later dat die maatskappy gelikwideer sal word.

Otto hou vol dat kapitaal gebruik is om die besigheid te adverteer en te laat groei. “Ek het myself nie deur die beleggings verryk nie. Daar is baie maatskappye wat nou weens die pandemie nie kan voortbestaan nie. Kontantvloei het ons gevang soos vir baie ander mense,” het Otto aan die Herald verduidelik.

Die meeste van die mense wat geld in die onderneming belê het is pensioenarisse wat nou sukkel om kop bo water te hou. André Heymans, verbonde aan die NWU se besigheidskool, sê mense doen dikwels nie genoeg navorsing voordat hulle geld belê nie. “Hoekom sal iemand vir jou 3% per maand belowe wat uitwerk op 36% per jaar, terwyl so ‘n persoon baie beter terugbetalingskoerse op ‘n lening by ‘n bank sou kry”, het Heymans verduidelik.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button