‘n Skoonmaak-aksie is gisteroggend (Vrydag, 10 Desember) langs die Mooirivier uitgevoer waar vier sekuriteitsmaatskappye as rolspelers saamgewerk het om ongematigde strukture te verwyder wat nie in daardie area hoort nie.

Daar is vroeër in die week beplan om hierdie areas waar mense in die strukture woon, skoon te maak vir veiligheids -en omgewingsredes.
Volgens DA-raadslid, Werner van Onselen, het die skoonmaak-aksie vanaf Retiefstraat verby by Govan Mbeki Rylaan en James Morokalaan (tot teenaan die Mooiriver Mall) plaasgevind.
Van Onselen bedank graag vir MEG Security, Afriforum Buurtwag, CB Security en Mooirivier Beskerming vir hulle betrokkenheid.
“Wees verseker dat meer van hierdie aksies op ‘n gereelde basis sal plaasvind,” het Van Onselen bygevoeg.



