Die vyfde gaatjie se setperk by die Potchefstroom Buiteklub is beskadig nadat minderjariges gedeeltes van die gras op hierdie setperk verniel het.
Volgens Fanie Laubscher, gholf klubkaptein van die Buiteklub, het hierdie insident omstreeks 16:00 gistermiddag (4 Januarie) plaasgevind toe kinders toegang by die rivier gekry het by die vyfde setperk.
“Van die klub se kant af is dit skade. Daar gaan baie werk in om die baan netjies te hou vir ons lede en die publiek. Om ‘n setperk oor te bou kos ons tussen R 80 000 en R 100 000,” noem hy.
“Omdat dit minderjariges is wat die skade aangerig het, en ons al meer inligting gekry het oor die skuldiges, gaan ons die saak intern verder hanteer. Dit is belangrik dat hulle weet wat hulle verkeerd gedoen het.
Laubscher het ook gistermiddag op Facebook gedeel dat hierdie kinders op hulle fietse van die baan afgejaag is, toe ‘n werker hulle raakgesien het.
Daar was ook ‘n R 5000 beloning vir inligting wat sou lei tot die suksesvolle vervolging.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!







