Daar was groot feesvieringe verlede maand toe ouma Sophie Snyers, 100 jaar oud geword het.
Sy het hierdie mylpaal op 8 Desember behaal. ‘n Lid van die Promosa gemeenskap, Albert Daniels, sowel as die Wyk 13 raadslid, Loreal Abrahams, het saam met die familie haar verjaarsdag gevier.

Maria Sophie Snyers is op 8 Desember 1921 in Vredefort in die Vrystaat gebore. Sy is nog goed aan die gang en kon haar mylpaal behoorlik met ‘n groot verjaarsdagkoek en die geselskap van haar familie vier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



