NewsNews

Dié kunstenaars is die ruggraat van ons samelewing

‘n Kunsuitstalling met die tema, Fabric of society het verlede Woensdag (19 Januarie) by die Snowflake-gebou geopen. Dit is ʼn viering van 11 kunsstudente se harde werk gedurende die Covid-19-inperking.

‘n Kunsuitstalling met die tema, Fabric of society het verlede Woensdag (19 Januarie) by die Snowflake-gebou geopen. Dit is ʼn viering van 11 kunsstudente se harde werk gedurende die Covid-19-inperking.

Dié studente, wat almal kunslesse by die kunstenaar, Jody Olën neem, wys met dié uitstalling dat hulle beslis nie kreatief ingeperk was nie. Die uitstalling is ʼn fees vir die oog met die dekoratiewe, tegnies vernuftige werke. Die humoristiese aanslag in sommige werke laat jou lagspiere prikkel en weer die ligter kant van ons samelewing raaksien. Dit is beslis kunstenaars soos dié wat ʼn groot bydrae maak tot die ‘fabric of our society’ midde die angstige, ingeperkte tydperk waarin ons onsself bevind.

Jody Olën is baie trots op al haar studente se uitsette.

Diegene wat graag kwaliteit kuns teen bekostigbare pryse wil aanskaf, mag nie die uitstalling mis nie. Galery-ure is van Maandag tot Vrydag van 7:00 – 19:00 en Saterdae van 9:00 tot 19:00. Die uitstalling duur tot 26 Februarie. Die uitstalling word aangebied in samewerking met die Potchefstroom Kunsvereniging. Vir navrae, stuur ʼn epos na potchkuns@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button