NewsNews

Volkies vier hulle 100ste bestaansjaar

Hoër Volkskool Potchefsroom is vanjaar honderd jaar oud. Beplande projekte vir die eeufeesjaar word daarop gemik om oud-Volkies die geleentheid te bied om die skool, soos dit tans funksioneer, te kom beleef.

Hoër Volkskool Potchefsroom is vanjaar honderd jaar oud. Beplande projekte vir die eeufeesjaar word daarop gemik om oud-Volkies die geleentheid te bied om die skool, soos dit tans funksioneer, te kom beleef. Saam met dit natuurlik die geleentheid om weer met ou vriende te herenig en staaltjies uit die verlede te deel. Een van die projekte is die daarstel van ‘n museum waarin die skool se geskiedenis in ‘n neutedop saamgevat word. Om die projek tot sy reg te laat kom, maak die skool staat op die betrokkenheid van alumni. Indien jy in die besit is van enige memorabilia, sal dit waardeer word indien dit aan Volkies geskenk of net beskikbaar gestel word sodat ‘n foto of foto’s daarvan geneem kan word. Items van belang is foto’s, staaltjies uit die verlede, klere en kleure van oud-Volkies wat uitsonderlik presteer het, boeke of enige gebruiksartikels wat deel gevorm het van ‘n spesifieke tydgleuf in Hoër Volkskool se geskiedenis. Die beplande datum vir die opening van die museum is 22 April vanjaar – op die skool se verjaardag! Vanweë Volkskool se ryke tradisie, het drie tot selfs vier geslagte – oupagroot, pa, kleinseun en agterkleinseun – hulle hoërskoolloopbaan aan dié skool voltooi. 2022 gaan ʼn onvergeetlike feesjaar wees. Die hoogtepunt van die eeufeesprojekte sal met ʼn naweekfeesviering afgesluit word. Die beplande datum vir die feesnaweek is die naweek van 30 September tot 2 Oktober. Indien jy op enige wyse by die eeufeesvieringe wil betrokke raak, enige items het wat jy vir die Volkie-museum wil skenk of foto’s wat jy graag met die skool wil deel, kan jy telefonies by 084 515 7444 met die skool in verbinding tree of ‘n e-pos aan bobby@volkiespotch.co.za te stuur.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button