Potchefstroom Dienssentrum is trots om hierdie jaar vier personeellede te vereer vir dekades se ononderbroke diens.
Tuishulpdienste is een van die kosbare dienste wat die dienssentrum aan ouer persone van die gemeenskap lewer. Hierdie noodsaaklike diens stel ouer persone in staat om so lank as moontlik selfstandig te kan funksioneer. Die vier personeellede wat langdienstoekennings ontvang het is:

* Maria Motlhajwa wat reeds 30 jaar in diens van die dienssentrum is.
* Anna Ratlhogo werk 20 jaar by die dienssentrum.
* Dina Rampai en Jogena Maqm is 10 jaar in diens van die dienssentrum.
Dit is ‘n groot voorreg om die merkwaardige toekennings saam met die personeel te vier en dit met die gemeenskap te kan deel.




