Potchefstroom Gimnasium se gedugte atletiekspan is weer die NW Grootskole Interhoër wenners na hulle vandag (Saterdag, 12 Februarie) op die NWU Kenneth McArthur atletiekbaan die titel gebuit het.
Gimmies het skoonskip gemaak en die seuns en dogtersbekers gewen sowel as die algehele trofee met ‘n 36 punte verskil teenoor Hoërskool Rustenburg in die tweede plek.
Armand Willemse is as die senior victor ludorum aangewys en Sandri van Rooyen as die senior victrix ludorum. Righardt Joubert is die junior victor ludorum en Carli Visser (Wesvalia) is as die junior victrix ludorum aangewys.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!




















