Overs breek hulle grastradisie
Dit was voorheen wet dat niemand op Overs se heilige gras moes loop nie, maar nou weens die Covid-19 pandemie en die feit dat studente mekaar nie vir 'n geruime tyd kon sien en bymekaar wees nie, is daar besluit dat hierdie graspek nou vir 'n nuwe gemeenskaplike doeleinde gebruik word.
Die NWU se Over-de-Voor Manskoshuis het hulle jarelange gras-tradisie wat in 1977 ontstaan het, verlede week gebreek toe studente van alle koshuise op hulle grasperk saamgekom het.
Dit was voorheen wet dat niemand op Overs se heilige gras moes loop nie, maar nou weens die Covid-19 pandemie en die feit dat studente mekaar nie vir ‘n geruime tyd kon sien en bymekaar wees nie, is daar besluit dat hierdie grasperk nou vir ‘n nuwe gemeenskaplike doel gebruik word.

Die Primarius van Over-de-Voor, Thomas Bevan, vertel dat die beperkinge in die getalle studente op kampus, sowel as die Covid-19 beperkinge vir Overs laat besluit het om weer die studentelewe op kampus ‘n hupstoot te gee.
“Ons breek die grastradisie, sodat ons almal op kampus bymekaar kan kom. Ons idee is om die tradisie vir alle studente op kampus te verander om ‘n nuwe tradisie te begin. Ons wil weer gesigte bymekaar kry waar ons nou weer oop spasie het om bymekaar te kom en steeds die Covid-regulasies in ag neem,” noem Bevan.


Over-de-Voor, wat in 1962 ontstaan het, en op 26 Maart 1963 amptelik geopen is, is een van die tradisierykste koshuise op die NWU kampus.
Die oorspronklike grastradisie het in 1977 ontstaan toe die universiteit se tegniese dienste-afdeling die bestaande grasperk voor die koshuis omgeploeg het asook varkmis oor die gebied gestrooi het.
Nuwe gras is toe deur Overs se eerstejaars en ander naburige koshuiseerstejaars geplant. Inwoners wat oor die gras loop het die koshuis vuil getrap en weens die mis was daar ook ‘n sterk reuk.
Daar is toe uit praktiese oorweging besluit om nie oor die gras te loop nie. Eerstejaars is sedertien verbied om oor die gras te loop sowel as enige ander inwoner wat nie van die koshuis is nie. Oortreders is ook met waterbomme gestook en mondelings berispe.
Overs het tot ‘n graskommitee aangestel om na die gras om te sien – daar is in 2017 ‘n gedenkplaat tydens die 55-jaar reunie aangebring wat hierdie tradisie bevestig het.




