NewsNews

AfriForum plant agt nuwe eikebome

Altesaam 16 mense van onder meer AfriForum se Potchefstroom-tak, AfriForum Jeug se Puk-tak, die Potchefstroom Gimnasium Landsdiensklub, die Eikelaanbelangegroep en inwoners van die Damarea het gehelp om die bome te plant.

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op Saterdag, 5 Maart hul hande vuil gemaak en agt nuwe eikebome in die historiese eikeboomlaning geplant.

Dit nadat sommige van die ouer bome gevrek het. Die jong bome is deur inwoners van die Damarea geskenk en is in Calderbanklaan aangeplant.

Altesaam 16 mense van onder meer AfriForum se Potchefstroom-tak, AfriForum Jeug se Puk-tak, die Potchefstroom Gimnasium Landsdiensklub, die Eikelaanbelangegroep en inwoners van die Damarea het gehelp om die bome te plant.

Hierdie bome is deel van die Eikelaanbelangegroep se poging om die historiese laning te red. Die laning is in 1910 aangeplant en in 1977 tot ’n nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Die eikeboomlaning is tans ’n verklaarde provinsiale erfenisterrein.

“Dit is baie belangrik dat die tak ook by kultuur en erfenis betrokke is. Die eikeboomlaning is al só deel van Potchefstroom – ons kan dit nie laat verlore gaan nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button