Potchefstroom Dienssentrum het drie personeellede vereer vir ’n dekade se ononderbroke diens. Tuis- en tuinhulpdienste is twee van die kosbare dienste wat die dienssentrum aan ouer persone van die gemeenskap lewer.
Hierdie noodsaaklike dienste stel ouer persone in staat om solank as moontlik selfstandig te kan funksioneer.

Die drie personeellede wat 10 jaar in diens van Potchefstroom Dienssentrum vir Bejaardes langdiens- toekennings ontvang het is: Grace Kgagodi, Emmanuel Dichake en Sarah Makinana.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



