NewsNews

Meer gat as pad in Arie Jonasstraat

‘n Bakkie wat in die straat afgery het, moes vinnig rem en stadig deur die gate ry – dit het amper soos iets gelyk wat ‘n mens op ‘n grondpad in ‘n wildreservaat sou ervaar.

Inwoners in Arie Jonasstraat in Potchefstroom Sentraal moet daagliks deur talle slaggate ry om by hulle bestemmings te kom.

Hierdie slaggate wat al vir die afgelope drie maande daagliks net vererger, het die inwoners raadop.

Met die Herald se besoek aan die straat Dinsdag, 22 Maart kon daar gesien word hoe die onlangse reën die gate gevul het en ‘n groot gevaar skep vir voertuie se bande wat deur die gate moet ry.

‘n Bakkie wat in die straat afgery het, moes vinnig rem en stadig deur die gate ry – dit het amper soos iets gelyk wat ‘n mens op ‘n grondpad in ‘n wildreservaat sou ervaar.

* Die Herald het die munisipaliteit vir kommentaar genader, maar teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie.

Slaggate in Arie Jonasstraat in Potch Sentraal maak inwoners daagliks mismoedig. Foto: Wouter Pienaar

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button