NewsNews

Lesersbrief: Vrou (70) doen sonbrand op na lang wag in die ry by Binnelandse Sake

"Ek is 70 jaar oud en moes die hele dag in die son wag. Daar word geen inligting gegee of verduidelik waarom daar so ‘n vertraging is nie."

Elsabe Bruwer skryf: 

Ek was Maandag, 28 Maart by die Departement van Binnelandse Sake in Potchefstroom om my paspoort te gaan haal. Ek het die vorige dag ‘n boodskap op my selfoon gekry dat dit gereed is om afgehaal te word.

Ek het om 09:04 in die ry gaan staan om vir simptome van Covid-19 getoets te word, toe gaan staan ek in die ry vir die afhaal van die paspoort.

Ek het heeldag in die son gestaan en wag,  my nommer was 150. Ek het om 16:28 in my kar geklim en huis toe gery.

My man het opgemerk dat my gesig sonbrand gekry het. Ek is 70 jaar oud en moes die hele dag in die son wag. Daar word geen inligting gegee of verduidelik waarom daar so ‘n vertraging is nie.

Daar was onder meer ook mammas met klein babatjies vir registrasie van geboorte en mammas met kleuters.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button