Mizelle Terre’Blanche, ‘n graad 12-leerder van Ferdies, is stelselmatig besig om die land aan die brand te dans.
Sy het in Maart verlede jaar haar Cecchetti Advance 1 balleteksamen met ‘n onderskeiding geslaag en het einde verlede jaar die beker vir die beste Advance 1 student in die Noordwes/Vaaldriehoekstreek ontvang.
Na Advance 1 het sy haar Advance 2 professionele eksamen wat ‘n twee jaar sillabus is, in slegs sewe maande voltooi. Sy het die eksamen einde Oktober 2021 onder die leiding van José Pretorius in Johannesburg gedoen.
Sy slaag ook die eksamen met ‘n onderskeiding en het Sondag, 10 April tydens ‘n Cecchetti toekenningsgeleentheid in Johannesburg die medalje en beker vir die beste Advance 2 student in die Gauteng provinsie ontvang.




