NewsNews

Raad wag vir groen lig van LUR rakende aanstelling van nuwe munisipale bestuurder

"Ons wil so vinnig as moontlik bekwame senior bestuurders in die munisipaliteit aanstel en verseker dat ons munisipaliteit in ‘n ander rigting gestuur word as die afgelope 10 jaar,"

Die Munisipaliteit het tydens ‘n spesiale raadsvergadering op Vrydag 29 April twee belangrike sake bespreek.

Dit was naamlik die tydelike aanstelling van ‘n waarnemende munisipale bestuurder, onderhewig aan goedkeuring van die LUR,  sowel as die skorsing van ‘n beampte in ’n seniorbestuursposisie.

Aangesien die vergadering as ‘n geslote sessie plaasgevind het, kan die betrokke persone se name en titels nie bekendgemaak word nie.

Volgens die DA koukusleier in JB Marks, Hans-Jurie Moolman, bevind die munisipaliteit hulself in ‘n moeilike posisie aangesien ‘n groot gedeelte van die munisipaliteit se senior bestuur of geskors is of onderhewig aan dissiplinere optrede is.

“Daar is ‘n raadsbesluit rakende die skorsing geneem en ‘n finale besluit sal hangende ‘n ondersoek geneem word. Dit is belangrik vir die raad om verantwoordbaarheid weer terug te bring,” noem Moolman.

“Daar is noodgedwonge persone in eie geledere aangestel om vir drie maande in die munisipaliteit as munisipale bestuurder waar te neem. Dit is onderhewig daaraan dat die LUR goedkeuring gee ten opsigte van beide die aanstelling en dat die persoon nie aan die minimum kwalifikasies voldoen nie.”

Moolman noem ook dat die JB Marks Munisipaliteit nie kan bekostig dat daar weer ‘n provinsiale ingryping plaasvind nie.

“Ons werk hard om die munisipaliteit reg te kry en ons wil onsself nie weer aan provinsiale ingryping onderhewig stel nie. Ons wil so vinnig as moontlik bekwame senior bestuurders in die munisipaliteit aanstel en verseker dat ons munisipaliteit in ‘n ander rigting gestuur word as die afgelope 10 jaar,” noem Moolman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button