SportSport

NWU Prestige reeks sorg vir voorsmakie van Classic Clash

Alhoewel dit nie vir goud is nie, gee dié wedstryd so klein voorsmakie van wat tussen die twee spanne op 28 Mei met die amptelike Volkie-Gimmie classic clash verwag kan word. 

Die NWU Prestige reeks kom hierdie komende naweek tot ‘n einde met die finale wat op 7 Mei by die Fanie du Toit sportgronde gespeel word.

Plaaaslik het die dorp se eerstespanne al beter dae in die kompetisie gesien. Volkies en Gimmies se eerstes speel Saterdag vir 12de en 13de plek uit.

Alhoewel dit nie vir goud is nie, gee dié wedstryd so klein voorsmakie van wat tussen die twee spanne op 28 Mei met die amptelike Volkie-Gimmie Classic clash verwag kan word.

Daar sal beslis ‘n paar dinge getoets word voor die groot wedstryd wat deel van Volkies se eeufeesvieringe gaan uitmaak.

Volkies sal dalk as die gunstelinge vir dié wedstryd beskou word maar enige iets is met ‘derby’ wedstryde moontlik.

Volgens Garann Kriek, hoofafrigter van Gimmies, verwag hy ‘n baie taai wedstryd.

“Dit is dalk nie die amptelike clash nie, maar dit bly Gimmies teen Volkies. So die ophef van die Classic Clash is nie noodwendig daar nie, maar die ouens is opgewonde oor die wedstryd,” het Kriek gesê.

In sulke wedstryde is dit maklik vir spanne om van hulle eie struktuur af te wyk. Iets wat beide spanne teen sal moet waak.

“Ek hoop die ouens geniet die wedstryd en maak dit nie groter as wat dit is nie. As jy weer kyk is die wedstryd verby,” het Kriek gesê.

Volkies het ‘n goeie skakelpaar en sterk voorspelers. Gimmies se senter kombinasie kan dalk hulle wapen van keuse wees.

“Ons het ‘n paar planne,” glimlag Kriek oor hoe hulle beplan om hulle suidelike bure te stuit.

Foto: Sybil Joubert

https://www.citizen.co.za/potchefstroom-herald/local-rugby-hub/

 

Related Articles

Back to top button