Laerskool M.L. Fick het Maandag, 25 April hul eie musieksentrum amptelik geopen. Die Emmie musieksentrum het sy deure reeds op 1 September 2021 geopen, voor die amptelike inhuldiging. Tydens die opening was daar ‘n verskeidenheidskonsert waar van die sentrum se leerlinge opgetree het.

Die idee vir ‘n musieksentrum het ontstaan uit ‘n kolekamer wat jare lank onbenut gestaan het. Daar is gebreek, gebou en geverf. Nuwe blinders, ‘n aluminium glasdeur, asook trappe met matte vir groepwerk, was deel van die nuwe toevoegings. Klavier-, blokfluit-, sang- en kitaarlesse word tans aangebied.
Die personeellede is mej. Joane Beukes (klavier en blokfluit), mev. Alida Serfontein (kitaar) en mev. Paula Aucamp (bestuurderes en sang). Daar is tans 32 ingeskrewe leerlinge en die sentrum poog om die getalle spoedig te laat groei.


Die lesse is nie net vir M.L. Fick leerlinge nie, maar enige kind van enige skool is welkom om in te skryf. Die lesse word van Maandae tot Donderdae na skool aangebied. Die kontakbesonderhede is 082 555 3760 of (018) 297 5003 (skool).




