NewsNews

Totsiens gesigmaskers: Alle Covid-19 regulasies opgeskort

Suid-Afrikaners hoef nie meer gesigmaskers te dra nie, nadat die tussentydse Covid-19-regulasies gisteraand (22 Junie) afgelas is.

Suid-Afrikaners hoef nie meer gesigmaskers te dra nie, nadat die tussentydse Covid-19-regulasies gisteraand (22 Junie) afgelas is.

Hierdie besluit is deur die minister van gesondheid, dr. Joe Phaahla, bevestig en dit is in die Staatskoerant gepubliseer. Dit is onmiddelik van krag.

Anders regulasies wat wegval is die beperking op die bywoning van byeenkomste, sowel as die inenting-status van toeriste om die land te besoek.

Sodoende kan Potchefstromers nou na 817 dae sedert die landswye inperking aangekondig was, uiteindelik sonder maskers op enige plek rondloop.

Daar word verwag dat daar ‘n perskonferensie vandag sal plaasvind om die besluit amptelik aan te kondig.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button