
Daar is vanoggend (Vrydag, 24 Junie) ses mense beseer toe ‘n bus, vragmotor en ‘n minibus op die N12 tussen Potchefstroom en Fochville gebots het.
Noodhulpdienste het ongeveer 07:10 op die toneel gearriveer en al drie voertuie in die middel van die pad gevind.
Volgens ER24 woordvoerder, Russel Meiring, het paramedici ‘n jong meisie en drie seuns (tussen 3 en 8 jaar oud) naby die minibus gevind, terwyl ‘n vrou ook buite die voertuie gesit het. Nog ‘n vrou is in die minibus vasgekeer gevind.
“Reddingsdienste moes verskeie reddingsgereedskap gebruik om die vrou uit die bussie te bevry. Nadat hulle vrygelaat is, het medici die pasiënte beoordeel en gevind dat al ses geringe tot matige beserings opgedoen het. Gelukkig is daar geen ernstige beserings of sterftes nie,” noem Meiring.
Die pasiënte is behandel en later na Mediclinic Potchefstroom vervoer vir verdere sorg.
Plaaslike owerhede was op die toneel vir verdere ondersoek.