NewsNews

Potchefstromers voel ligte skudding van aardbewing buite Orkney

Die aardbewing was 10km diep en het veroorsaak dat inwoners in die omliggende area die trilling beleef.

Sommige Potchefstromers het vanoggend ‘n ligte skudding en gedreun ervaar wat afkomstig van ‘n aardbewing is wat 3.8 op die Richterskaal gemeet het.

Hierdie aardbewing het vanoggend (Sondag, 17 Julie) omstreeks 11:19 22km suid-oos van Klerksdorp plaasgevind. Die episenter was so 12km buite Orkney.

Die aardbewing was 10km diep en het veroorsaak dat inwoners in die omliggende area die trilling beleef. Nie almal in Potch het wel iets gevoel of gehoor nie.

Sommige Potchefstromers het op sosiale media genoem dat hulle ‘n “ligte skudding” gevoel het, terwyl ander verbaas was om hoegenaamd te hoor dat daar ‘n aardbewing plaasgevind het.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button