
Luister die berig met die onderstaande skakel:
Vandag op Mandeladag (18 Julie) het die Potchefstroom Animal Welfare Society (PAWS) ‘n spesiale doel voor oë.
Hulle versoek graag dat die publiek vir 67 diere ‘n veilige nuwe huis sal gee.
In plaas van 67 minute spandeer om ‘n verskil te maak kan diereliefhebbers ‘n hondjie se dag maak en hom/haar aanneem.
Vir hierdie doel sal PAWS vandag later tot 19:00 oop wees.
“Ons het wel personeel op bystand om te help met papierwerk en huisbesoek om te verseker dat aannemings vandag huis toe gaan,” het PAWS op hulle Facebookblad genoem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



