Local newsNewsNews

VIDEO: Vlotparade ’n sukses ten spyte van struikelblokke

Ten spyte van ‘n paar struikelblokke, was die vlotparade steeds ‘n sukses met die gemeenskap wat die studente kom ondersteun het deur hulle “sente vir studente” te gee.

Die NWU koshuise se vlotparade wat  Saterdag, 30 Julie as deel van JOOL deur Potchefstroom beweeg het, het nie heeltemal so vlot verloop soos beplan nie.

Kyk die video hier:

Daar was ‘n paar terugslae wat veroorsaak het dat die vlotte later as beplan, beweeg het. Sekere vlotte was te hoog vir die Joolplaas se ingang. Die studente het wel ‘n plan gemaak deur van die standbeelde se koppe af te haal en weer terug te sit toe dit deur die ingang was. Die vlotte was uiteindelik omstreeks  09:30 op die pad. Ongelukkig was daar drie vlotte wat nie saam die roete kon voltooi nie weens miskommunikasie tussen die NWU Joolkomitee en die Departement van Studentelewe. Daar was ‘n tekort van drie trokdrywers en gevolglik kon ses koshuise (drie vlotte) nie deel van die vlotparade wees nie.

“Ons het probeer reël van alle kante af, maar ongelukkig was daar nie ander trokdrywers nie en die waens was ook nie geregistreer nie, wat dit nog moeiliker gemaak het,” sê Ivan Beck, die NWU Studenteraad Fondsinsameling en Projekte Beampte. Die Joolkomitee het steeds die drie vlotte by die Joolplaas uitgetrek vir die gemeenskap om te aanskou.

Ten spyte van ‘n paar struikelblokke, was die vlotparade steeds ‘n sukses met die gemeenskap wat die studente kom ondersteun het deur hulle “sente vir studente” te gee. Die trokdrywers het gesorg vir ritme met die studente se blikkies skud deur vrolik saam op hulle toeters te druk. Karre het in rye langs die roete gestaan, hoewel die roete op kort kennisgewing verander het. Die aangepaste roete het beteken dat die middestad meer van die vlotte kon sien en die hele Potchefstroom was betrek as toeskouers – van kleuters en winkeleienaars tot ouers en studente.

Die algemene mening was dat almal bly is dat Jool wel hierdie jaar weer kon plaasvind sodat die studende weer ‘n normale studentelewe kan hê. Beck het genoem dat die NWU Jool en SJGD-komitees sowat R3 miljoen vir liefdadigheid ingesamel het. Hierdie jaar was daar miskien minder mense as met vorige jare se Jool, maar dit sal volgende jaar groter wees en tradisioneel aan die begin van die jaar en in die somer.

Die konserte het Donderdag, 28 Julie om 13:00 by die Joolplaas se biertent afgeskop met MJ Nel en Ou Tekkies, en het Vrydagaand, 29 Julie om 12:00 met Francois van Coke en DJ Slade op die verhoog geëindig. Karen Zoid het die studente se hartsnare geroer deur te begin met haar bekende “Toe Vind Ek Jou” en “Afrikaners is Plesierig”. Studente en jongmense van regoor die land het vrolik met Early B se kletsrym saamgedans. Francois van Coke het die konsert afgesluit met “Dagdrome in Suburbia”, terwyl die gehoor van ‘n paar honderd ingehaak en saamgesing het. Potchefstromers het Vrydagaand die tradisionele vuurwerke geniet.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button