Local newsNewsNews

De Land se dames brei vir liefdadigheid

Die ywerige breiers het hulle eie fondse gebruik om die mooiste truitjies, skoentjies, komberse, mussies, serpe en selfs ʼn paar gebreide poppe spesiaal vir die babas by Vessels of Mercy te maak.

ʼn Groep dames van De Land wat ywerig brei, het onlangs ʼn groot skenking van broodnodige klere, komberse en speelgoed aan Vessels of Mercy (VOM) gemaak. Dit nadat hulle vroeër vanjaar ʼn berig in die Herald oor VOM se nuwe huis van veiligheid naby die Potchefstroom Hospitaal gelees het.

Corrie Symons, Wendri Eloff (staan), Eileen Munro en Elise Swanepoel kuier en brei. Foto: Venessa van der Westhuizen.

“Die berig het my só aangeraak dat ek besluit het om ons ‘Klets-en-breigroep’ te vertel, sê mevrou Annette Coetsee wat die dames aangepor het om almal saam vir die kinders by Vessels of Mercy te brei. Die Klets-en-breigroep is al in 2019 by De Land gestig en bestaan uit twaalf vlytige dames wat elke Maandagoggend saam by die restourant bymekaar kom om te brei.

Hulle bedink graag planne waar hul by liefdadigheid betrokke kan raak as hulle nie oor die politiek filosofeer en oor sport praat nie, sê Annette terwyl sy breed glimlag. Daar is rustige musiek in die agtergrond en saam met die bolle wol op die tafel staan stomende koppies tee en koffie wat hulle nou en dan aan teug. “Ons mis dit vir niks”, sê Annette wat ook byvoeg dat daar is selfs drie dames is wat uit die versorgingseenheid gehaal word om by die breigroep aan te sluit.

Die ywerige breiers het hulle eie fondse gebruik om die mooiste truitjies, skoentjies, komberse, mussies, serpe en selfs ʼn paar gebreide poppe spesiaal vir die babas by VOM te maak.

“Ek was so verbaas om die sakke vol klere en geskenke te ontvang! Ons is só opreg dankbaar vir die mense wat hul eie fondse, tyd en talent aan ons gewy het” sê Lizelle Enslin, ʼn vrywilliger by VOM, wat die skenking by die restaurant van De Land gaan afhaal het.

Enslin sê elke kind in die huis het ʼn sak vol gebreide items ontvang. “Daar het selfs nog sakke breiwerk oorgebly wat ons spesiaal bêre vir die babas wat later by ons mag eindig”, sê sy ingenome.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button