Local newsNewsNews

Kruislopers besoek Huis Hebron

Die Kruislopers het Hebron se inwoners bedien met hulle getuienenisse, salwing en sang tydens hulle besoek.

‘n Span van vyf mans beoog om in Augustus vanjaar vanaf Klerksdorp al die pad na Oos-Londen in die Oos-Kaap te stap, waar vanjaar se Mighty Men Konferensie in September vanaf 23-25 September aangebied sal word. Die roete is ongeveer 1040 km en sal strek oor ongeveer 33 dae.

Die Kruislopers het Huis Hebron op Saterdag, 30 Julie besoek.

As deel van hierdie staproete het die mans ‘n draai by Huis Hebron op Saterdag, 30 Julie gemaak. Inwoners van Huis Hebron het die Kruislopers tegemoet gekom langs die pad. Hulle is ook ingewag by die ingang na Huis Hebron toe om die laaste paar honderd meter saam met die Kruislopers te stap tot by die Kerkgebou op Hebron.

Huis Hebron se inwoners was opgewonde om die Kruislopers te verwelkom.
Armando Roussado, Fanie Turner, Herman Blom, Johan van der Westhuizen en Renier Cronje.

Die Kruislopers het Hebron se inwoners bedien met hulle getuienenisse, salwing en sang tydens hulle besoek. Gretha le Roux, Stigterslid van Huis Hebron, het die Kruislopers seën en beskerming op hulle reis toegebid.

Die vyf mans, Herman Blom, Armando Roussado, Johan van der Westhuizen, Fanie Turner en Renier Cronje sal beurte maak om ‘n groot Kruis op hul reis te dra om die Evangelie van Jesus te verkondig (Markus 16:15) in te tree vir die land en ook te bid vir reën waar dit broodnodig is. Die Kruislopers het ook verskeie afsprake by tronke, kerke en skole as deel van hulle roete om samehorigheid en omgee in gemeenskappe te bevorder te same met die verkondiging van die Evangelie.

Huis Hebron kan ook op Facebook en Instagram gevolg word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button