Vyf dood na gru-ongeluk by laerskool
Nooddienste, verkeer en die polisie is tans op die toneel.
‘n Vragmotor het ongeveer 14:00 vanmiddag (Donderdag, 18 Augustus) deur die heining van Vyfhoek Laerskool op die N12 gery.
Die vragmotor wat in Johannesburg se rigting op die N12 gery het, het beheer verloor toe een van die wiele na bewering gebars het.
Volgens Christiaan Haefele, bedryfsbestuurder van Mooirivier Beskerming, is daar vyf mense op die toneel oorlede.
“Dit is nog onseker hoeveel van hulle kinders is,” het Haefele gesê.
Nooddienste, verkeer en die polisie is tans op die toneel.
Volgens NW polisiewoordvoerder, Kapt. Aafje Botma, is daar tans een baan oop vir verkeer wat van Johannesburg na Potchefstroom ry.
“Een baan is toe en die vloei van verkeer is tans stadig,” het sy genoem.
*Sodra die Herald meer inligting het sal daar verdere besonderhede oor die omvang van die ongeluk berig word.





