Local newsNewsNews

REGSTELLING: Steeds net vyf kinders oorlede na gru-ongeluk

Die dodetal is steeds by 5 kinders.

Daar was vanoggend inligting gedeel dat daar nog twee leerders van Vyfhoek Laerskool deur die loop van gisteraand aan hulle beserings beswyk het.

Dit was wel nie die korrekte inligting nie en daar is steeds net 5 kinders oorlede, terwyl vier ander kinders van die skool steeds in die hospitaal is.

Die Herald het vanoggend nuwe inligting van die polisie ontvang oor die dodetal wat gestyg het, maar die inligting was foutief.

‘n Vragmotor het gistermiddag omstreeks 14:00 binne in Vyfhoek Laerskool gery het, toe die bestuurder beheer oor sy voertuig op die N12 verloor het weens ‘n beweerde gebarste wiel.

Die polisie het ‘n bevestig dat daar ‘n saak van strafbare manslag teen die bestuurder gemaak is. Hy het geen beserings na die ongeluk opgedoen nie.

LUR vir onderwys in die Noordwes-provinsie, Mmaphefo Matsemela, is verpletter oor die voorval en doen ‘n beroep op samewerking in hierdie moeilike tyd.

“Ons het nie woorde nie en ons pleit by die publiek om die saak met sensitiwiteit te hanteer, aangesien ouers steeds probeer om hierdie skielike verlies te verwerk,” noem Matsemela.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button