Local newsNewsNews

Foto’s: Trane loop by Vyfhoek

Kerse is gebrand, blommeruikers is neergesit en boodskappe van hoop en herinnering is teen die heining geplaas.

Potchefstromers het hulle medelye as gemeenskap vanmiddag (Maandag, 22 Augustus) by Laerskool Vyfhoek gedeel vir die vyf leerders wat hulle lewens tydens verlede Donderdag se tragiese ongeluk verloor het.

Kerse is gebrand, blommeruikers is neergesit en boodskappe van hoop en herinnering is teen die heining geplaas.

Trane was, sowel as gebede, sang en drukkies van vertroosting was volop.

By die ingang van die skool staan daar ‘n groot kruis met die oorlede kinders se name op wat, Vincent Clarke, self gemaak het.

Clarke was een van die eerste mense op die ongelukstoneel verlede Donderdag. Volgens hom het Potchefstroom se nooddienste soos een man alles gegee om lewens te red.

Pastoor Errick Coetzee het die Bybelverhaal van Jesus en Lazarus vertel en genoem dat Jesus ook gehuil het. Hy het ook met ‘n gebed gevra vir vertroosting van die families.

Ethel Montshiwa, die ouma van een van die beseerde leerders, Amogelang Vana, noem dat die gemeenskap nou meer as ooit moet saamstaan in die tragiese tyd.

“Die N12 is so besige pad en mense jaag hier. Dit is baie sleg dat hierdie ongeluk gebeur het. Daar sal planne gemaak moet word om die veiligheid van kinders te verseker,” het sy genoem.

Ephraim Khwaza, die pa van die oorlede Christina Mashai (9), noem dat hy nog baie hartseer is en sy kind se dood verwerk.

“Dit is werklik moeilik. Ek probeer my bes om kop bo water te hou. Die gemeenskap wat uitreik help regtig baie. Om te sien dat almal omgee.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button