Local newsNewsNews

Woelies maak kennis met wol

Die tema van die week was Wolboerdery.

“Swart skaap, swart skaap het jy baie wol?”
Dit het Woel en Werskaf Kleuterskool 15 Augustus tydens hul uitstappie na Lekwena se plaaslewe landgoed gaan uitvind. Die tema van die week was Wolboerdery.
Woel en Werskaf se gr. R-kleuters het grootoog gekyk hoe behendige hande die skape gevang, op ‘n spesiale manier vasgehou en met die elektriese skaapskeerder van die vrag, wol een-twee-drie van die lyf tot op die tafel beland waar Oom Theuns Barnard van BKB dit klas.

“Ons het ook geleer dat mamma se “plooie-room” en ook ons lyfroom van die olie van die wol gemaak word. Ons het ook geleer waar die kraaines van ‘n skaap sit,” noem een van die onderwysers van Woel en Werskaf, Belinda Harmse.


Die kleuters het agterna probeer om `n baal wol gestoot te kry, maar moes eers gaan energie bymekaarmaak en het heerlik in die veld `n piekniek gehou. Toe hulle nie die baal `n sentimeter geskuif kon kry nie, het hulle maar soos `n trop skape die wye vlaktes rond gehardloop.
“Baie dankie aan Oupa Nick Arnoldi wat al 64 jaar met skape boer en sy dogter Hannelie wat hierdie wonderlike leergeleentheid vir ons gebied het. Ons het sommer al vir volgende jaar weer `n uitstappie na Lekwena Plaaslewe beplan,” noem Harmse.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button