Local newsNewsNews

Koperpypdiefstal veroorsaak kopseer by Promosa kleutersentrum

Die afgelope week het die ATKV AbbAsorg kleutersentrum ook onder van hierdie misdade gebuk gegaan toe koper geiserpype van die gebou se dak af gesteel is.

Koperpypdiefstal is iets wat al ‘n geruime tyd in Promosa en omliggende areas plaasvind.

Die afgelope week het die ATKV AbbAsorg kleutersentrum ook onder van hierdie misdade gebuk gegaan toe koper geiserpype van die gebou se dak af gesteel is.

Volgens Elsie Helberg, sentrumhoof van ATKV AbbAsorg in Promosa is die koperpype Vrydag, 19 Augustus gesteel.

“Alles was papnat nadat die pype uitgeruk is. Dit het gebeur na betogings verlede Woensdag. Die heining is gebreek, so dan kry mense toegang om die koper te steel. Ons het ook nie krag gehad nie,” noem sy. Helberg het ook genoem dat die munisipaliteit se elektriese afdeling Dinsdag, 23 Augustus kontak gemaak het en op die perseel was om die krag te herstel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button