Local newsNewsNews
Geen ernstige beserings na twee groot ongelukke oor die naweek
Die een ongeluk het Saterdagaand op die Paryspad (R53) tussen die Wilgeboom en Modderdam afdraaie plaasgevind.
Tydens twee motorongelukke wat in Potchefstroom oor die naweek plaasgevind het, was daar wonderbaarlik geen ernstige beserings nie.
In beide ongelukke was daar groot skade aan die motorvoertuie betrokke, maar danksy flink werk van plaaslike nooddienste en brandweer het niemand ernstige beserings opgedoen nie.
Die een ongeluk het Saterdagaand op die Paryspad (R53) tussen die Wilgeboom en Modderdam afdraaie plaasgevind.
Die ander insident was op die hoek van Retief en Walter Sisulustrate.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



