Local newsNewsNews

Gimmies en Volkies plant nuwe eikebome

Die Potchefstroom Sakekamer se Borg 'n Boom inisiatief het in samewerking met Potchefstroom Gimnasium en Volkskool Potchefstroom, oor die R 20 000 ingesamel.

Fantastiese samewerking tussen Potchefstroom Gimnasium en Volkskool Potchefstroom tydens die Borg ‘n Boom inisiatief wat die Potchefstroom Sakekamer vanjaar in Mei geloods het, het gesorg dat 10 nuwe Eikebome geplant kan word.

‘n Totaal van R 22 000 is vandag (Vrydag, 2 September) aan die Heritage Potchefstroom Erfenis Eikeboomlaning-komitee oorhandig danksy hierdie Potchefstroom Sakekamer-projek.  Hierdie projek sal beslis ‘n positiewe impak in die erfenis van die historiese eikelaan meebring.

Foto’s: Wouter Pienaar

Die gemeenskap het tydens vanjaar Gimmie-Volkie Classic Clash bome geborg. Elke skool het toe ook daardie boom in hulle kleure aangetrek en versier vir die tradisionele sportweek. Sodoende is fondse bymekaar maak om die historiese eikelaan te help.

Die leerders van albei skole was vandag by die formele oorhandiging en het ook hand bygesit om nuwe eikebome in Steve Bikostraat, met die behulp van Piet Theron se leiding, te plant.

Prof. Sarel Cilliers het ook vertel oor hoekom dit belangrik is om die eikebome te bewaar en watter belangrike rol dit in die ekosisteem speel.

Chris van Niekerk, die kurator van die NWU Botaniese Tuin, het die bome self geweek wat nou aangeplant gaan word.

Juanita Smit, voorsitter van die Potchefstroom Sakekamer was dankbaar vir die samewerking wat Gimmie en Volkies ten opstigte van hierdie belangrike eikeboom-inisiatief getoon het.

“Vir ons by die Sakekamer is dit belangrik om as ‘n skakel tussen besighede, nie-winsgewende, organisasies en skole te kan dien. Ek wil ook dankie sê vir die Sakekamer se bestuur. Hierdie is ‘n projek wat oor die langtermyn volhoubaar gaan wees. Dit is ‘n lekker gees wat ons in Potchefstroom kan vasvang en die samewerking tussen ons skole kan wys.

Ons is opgewonde om hierdie verder volgende jaar te vat. Die Akkerlaning is so groot gedeelte van Potchefstroom se geskiedenis en dit is belangrik om vir almal te wys hoe mooi Potch is,” het Smit beklemtoon.

Video: Wouter Pienaar

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button