Noordwes-VLU Sonneblomstreek bied uitstaande kongres aan
Groot opgewondenheid het geheers met elke toekenning wat die dames ontvang het.
Op Woensdag, 17 Augustus het Sonneblomstreek ‘n kongres aangebied wat VLU-dames van oral bygewoon het. Die saal was versier met Sonneblomme vir die geleentheid wat die streek uitgebeeld het.
Gerda Swart, die president van die NWVLU Sonneblomstreek, het die kongres gelei. Sy het ook haar knopie vir 20 jaar as lid ontvang. Tannie Marie van Deventer, oudste lid van die VLU, het haar knopie vir haar aangesteek.
Ook het Tannie Sarie Eloff van die Bailietak haar knopie vir 50 jaar as lid ontvang.

haar 20 jaar knopie ontvang

Genè Conradie (1ste Vise en Sonneblomstreekvoorsitster)
Die saal is met sonneblomme vir die geleentheid versier wat die streek pragtig uitgebeeld het. Die dames se gehalte van die artikels was van uitstaande gehalte. Daar is gespog met hekel,breiwerk, akriel-verwerk,fotografie, gebak, dotart,australiese kruissteek skryfkuns en masjienwerk. Groot opgewondenheid het geheers met elke toekenning wat die dames ontvang het.
Donderdagaand (18 Augustus) het die Sonneblomstreek `n dinee gehou soos net die dames dit kon reël. Dit was een groot spesiale geleentheid om die verrigtinge af te sluit.




