SportSport

Hartverskeurende oomblikke tydens Koshuisrugby halfeindstryde

Patria en Caput gaan mekaar Woensdag (7 September) om 21:00 op die Fanie du Toit sportgronde in die eindstryd van die Koshuisrugby se superliga pak. 

Patria en Caput gaan mekaar Woensdag (7 September) om 21:00 op die Fanie du Toit sportgronde in die eindstryd van die Koshuisrugby se superliga pak.

Die halfeindstryd het Vrydag (2 September) plaasgevind. Vir beter halfeindstryde kon toeskouers nie gevra het nie.

Dit was opwindende Rugby van begin tot einde. Harte is op die aand gebreek.

Caput het Veritas met 40 – 26 die knie laat buig, maar dié telling vertel nie die hele storie nie. Veritas het die manne van Caput vroeg onder druk gesit, met ‘n spreekwoordelik Blitzkrieg van drieë, waarna hulle 19 – 0 agter was.

Caput het hard gewerk, goed balbesit gehou om die agterstand teen halftyd op te maak. Met rustyd was die telling 19 elk. Twee goeie drieë teen die einde het vir Caput die wen versker.

“My hart is baie seer, Caput was baie geduldig en het goed balbesit gehou. Dit was ‘ngroot wedstryd maar Caput was beter op die dag,” het Stefan van Vuuren, hoofafrigter van Veritas gesê.

Volgens Henry Stewart, hoofafrigter van Caput, het die halfeindstryd weereens die karakter va ndie spelers getoets.

“Weens die druk, het die span soms swak besluite geneem, maar kon gelukkig terugval op wat geoefen is en wat die wedstrydplan was. Die grootste prestasie is die 2de span wat vier wedstryde laas gespeel het, die roes afgeskud het en ook ‘n eindstryd gehaal het,” het Stewart gesê.

Volgens hom is dit nou alles of niks in die eindstryd.

“Die span wat die druk van ‘n eindstryd beter gaan verwerk, sal ‘n goeie kans staan,” het Stewart gesê.

Die ander halfeindstryd was net so groot hartverskeurende wedstryd gewees. Overs en Patria was die ander halfeindstryd deelnemers gewees. Overs het  vir die grootste gedeelte van die wedstryd voorgeloop. Met tyd verstreke verloor hulle, ‘n lynstaan in Patria se kwartgebied, waarna Patria die wendrie gaan druk. Hulle het in die doodsnikke die wedstryd met 32 -26 gewen.

“Dit is maar ‘n bitter pil om te sluk. Om 80% van die wedstryd te oorheers en as tyd verby is ‘n lynstaan te verloor waar hulle gaan druk. Mens het eintlik nie woorde nie, eerlik dink ek nie PAtria het die wedstryd gewen nie, ons het hom verloor. Ons is steeds trots op die ouens, oor hoe hulle oor ‘n maand gegroei en verbeter het,” het Gerald Sutton, afrigter van Overs, gesê.

“Ons het nie goed gespeel nie, Overs was baie ongelukkig om nie deur te gaan nie. Die bal het maar na ons kant toe gehop,” Het Garann Kriek, hoofafrigter van Patria gesê.

Volgens Kriek is die eindstryd iets anders, hy stem saam met Stewart dat die span wat die druk die beste kan hanteer as die wenner sal uitree.

“Ons weet dit gaan hard wees, Caput is harde manne. Ons gaan moet opdaag om hulle fisiek te kan aanvaat om seker te maak dat ons die gevegte wen,” het Kriek gesê.

Excelsior en Hombre pak mekaar in die eindstryd van die Premierliga. Caput en Patria se tweede spanne gaan mekaar ook aanvat in die Superliga 2, terwyl Overs en Patria mekaar in die Superliga 3 eindstryd gaan pak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

Dustin Wetdewich

I have been a journalist with the herald since 2014. In this time I have won numerous writing awards. I have branched out to sport reporting recently and enjoy the new challenge. In 2019 I was promoted to Editor of the Herald which brings another set of challenges. I am comitted to being the best version of myself.

Related Articles

Back to top button