SportSport

Volkies se talentvolle ruiters skitter by SA Kampioenskappe

Caelee Johnstone en Angelina Pretorius het puik prestasies op hulle perde behaal.

Twee perderuiters van Hoër Volkskool Potchefstroom, Caelee Johnstone en Angelina Pretorius, het die naweek van 12-13 Augustus aan die SANESA Saddle Seat SA Kampioenskappe vir skole by die Afridome in Parys deelgeneem.

Die ruiters neem deur die jaar deel aan Kwalifiseerende skoue waar hulle Hoër Volkskool Potchefstroom verteenwoordig.  Na al 8 Kwalifiserende rondtes word die Provinsiale spanne bepaal waar Caelee Johnstone en Angelina Pretorius in die Noordwes Saddle seat span op geneem is.

Caelee Johnstone behaal die volgende Plasings met haar perd Doorndraai Black Hector:

  • 3de Plasing in die 3 Gang Ryperd klas
  • Reserwe SA Kampioen in die Ruiterkuns klas met ‘n Toets
  • SA Kampioen in die 3 gang Show Hack
  • SA Kampioen in die Western Pleasure

Caelee verower ook die trofee in die Hoërskool afdeling vir die Beste ruiter en perd kombinasie tydens die Suid-Afrikaanse kampioenskappe.

Caelee Johnstone en Angelina Pretorius.

Angelina Pretorius behaal die volgende plasings met Doorndraai Black Hector en Day break My Time:

  • SA Kampioen in die In Hand Utility Stap and Draf met Doorndraai Black Hector
  • SA Kampioen in die Stap draf ryperd klas en
  • SA Kampioen in die Stap draf Ruiterkuns klas met Day break My Time

Die ruiters het ook by gedra dat Hoër Volkskool bo aan die punte leer geeindig het by die Suid-Afrikaanse kampioenskappe en as die hoërskool met die meeste punte gekroon is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button