Local newsNewsNews

Laerskool Baillie Park se Marissa is Suid-Afrika se kantoorkampioen

'n Potchefstromer is as die beste kantoorpraktisyn in die land aangewys toe sy as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2022 gekroon is. 

‘n Potchefstromer is as die beste kantoorpraktisyn in die land aangewys toe sy as Solidariteit se Kantoorkampioen vir 2022 gekroon is.

Marissa Pienaar, ‘n administratiewe personeelid by Laerskool Baillie Park, is vir haar passie en onbaatsugtigheid in haar werk en borrelende persoonlikheid met hierdie top toekenning beloon. Daar was meer as 800 inskrywings in verskeie sektore in die land.

Marissa Pienaar is as Solidariteit se 2022 Kantoorkampioen gekroon. Marissa is ‘n administratiewe beampte by Laerskool Baillie Park.
Marissa Pienaar saam met Dirk Hermann – bestuurshoof van die vakbond Solidariteit.

Van die finaliste was ontvangsdames in verskeie werksplekke, tiksters, dameskring sekretaresses sowel as ander administratiewe beamptes.

Volgens Marissa is dit ‘n groot voorreg en eer om met die 2022 Kantoorkampioen titel weg te stap.

“Toe ek my naam hoor, was ek geskok! Ek kan dit steeds nie glo nie en voel so geëerd om Solidariteit se Kantoorkampioen te wees vir 2022. Daar was soveel ongelooflike mense, dat ek reeds tevrede en bevoorreg was om Top 15 te wees,” vertel sy.

Marissa Pienaar ontvang haar toekenning.

Marissa het die top 30 finaliste behaal toe een van haar kollegas haar genomineer het.

“Ek voel so geseënd dat Demi-Lee O’Connor-Botha my potensiaal raakgesien het sowel as my passie vir my werk. Ek weet nie eers wat het sy geskryf om my toe in die Top 30 Finaliste te kry nie, maar vir haar is ek ewig dankbaar!,” voeg Marissa by.

Hierdie hardwerkende en op-en-wakker Baillie werk al vir 4 jaar by die skool en noem dat sy alles van haar werk geniet.

“Ek geniet dit om die skool op te bou, alle administratiewe take, van hulp te wees vir ons hoof (mnr. Piet Muller), my kollegas, die ouers en kinders. Ek is mal oor ons dinamiese Beheerliggaam en om saam hul as Beheerligaamsekretaresse ’n pad te stap en hul visie vir ons pragtige skool te sien,” noem Marissa.

Sy is deel van Solidariteit se groeiende kantoorpraktisynsnetwerk wat help om verskeie kantoorpraktisyns op te bou en hul potensiaal te ontgin.

“Kantoorpraktisyns voel soms nie na waarde geag nie, maar lewer tog ‘n kritieke rol in die dag-tot-dag-bestuur van enige organisasie. Die Kantoorpraktisynsnetwerk onder andere is daar dat ons persoonlik verantwoordelikheid kan neem, om deel te word van ’n beroepsgemeenskap waar hul verstaan die unieke uitdagings wat ons ervaar,” meen sy.

Marissa vertel ook dat hierdie beroepsgilde dit moontlik maak om saam met ander kantoorpraktisyns tuis te voel, saam te werk en te leer.

“Omdat ons onder druk moet werk en oor ‘n wye verskeidenheid van inligting, kennis en vaardighede moet beskik, is hierdie gilde daar dat jy verstaan word, kennis kan deel, jou vaardighede en kennis kan uitbrei, en jouself tot volle potensiaal as spesialis binne die beroep kan vestig.”

,

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button