Local newsNewsNews

Sakeman en sy vrou uit op borgtog na R65 miljoen se bedrogklag

Ben Otto is vir 69 klagtes van bedrog en 31 klagtes van geldwassery aangekla

Die eienaar van die gelikwideerde maatskappy, RSA Search, Ben Otto (68) en sy vrou Hannetjie Otto (69) het vandag op Woensdag, 21 September 2022 in die Potchefstroomse landdroshof verskyn na die Valke hulle inhegtenis geneem het vir bedrog en geldwassery van ongeveer R 65 miljoen.

Die Valke se woordvoerder, Kapt. Tlangelani Rikhotso het bevestig dat Ben Otto vir 69 klagtes van bedrog en 31 klagtes van geldwassery aangekla is, terwyl sy vrou van ‘n enkele geval van geldwassery aangekla is.

Hulle is op R 10 000 borgtog elk vrygelaat. Die saak is tot 23 November 2022 uitgestel vir verdere ondersoek.

Die egpaar is in hegtenis geneem na bewerings van bedrog  waarby ‘n Potchefstroom-gebaseerde maatskappy genaamd RSA Search (Edms) Bpk betrokke is. Dit was ‘n verblyfbesprekingswebwerf wat intussen sedert 2020 gelikwideer is.

“Daar word beweer dat die beskuldigde vanaf 2011 ongeveer 120 beleggers gelok het om in sy besigheid te belê, en hulle ‘n drie persent winsaandeel per maand belowe het uit die inkomste wat hy uit advertensies en subskripsies sou genereer,” noem Rikhotso.

Die Valke noem ook dat dit aan die lig gekom het dat RSA Search soos ‘n Piramide-skema funksioneer, aangesien fondse van nuwe beleggers gebruik is om die uitstaande dividende van vroeëre beleggers te betaal. Baie beleggers het na bewering nooit hul geld terug gekry nie.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button