Local newsNewsNews

Staking van korte duur voor hoofingang van kampus

'n Sakeforum het glo geëis dat kontrakte toegeken word wat verband hou met bouprojekte op die kampus.

‘n Groep van ongeveer 30 mense van ‘n plaaslike sakeforum het vanoggend (Woensdag, 21 September) voor die hoofingang van die NWU Potchefstroomkampus in Hoffmanstraat byeengekom.

Bande is aan die brand gesteek om protes te toon. Daar is glo geëis dat kontrakte wat verband hou met bouprojekte op die kampus aan lede van dié forum toegeken word. NWU Beskermingsdienste het die brande vinnig geblus. Daar is ook geen skade aan eiendom nie.

Gesprekke met die groep is aan die gang. Die situasie is onder beheer en die plaaslike SAPD is ook op die toneel.

NWU woordvoerder, Louis Jacobs, het bevestig dat die hoofhek alreeds teen 10:15 weer oopgemaak is.

Teen 10:15 is die hekke weer oopgemaak.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button