Local newsNewsNews

Sakeforum betoog weer voor kampus se hoofhek

Volgens NWU woordvoerder, Louis Jacobs, is die situasie tans onder beheer en is daar geen skade aangerig nie.

Ongeveer 50 betogers van ‘n plaaslike sakeforum is tans voor die NWU Potchefstroomkampus se hoofhek in Hoffmanstraat waar daar weer kapsie gemaak word glo rakende boukontrakte op kampus. 

Volgens NWU woordvoerder, Louis Jacobs, is die situasie tans onder beheer en is daar geen skade aangerig nie.

“Voertuie kan nie die hoofhek gebruik nie, maar voetgangers kan steeds van die hoofhek gebruik maak,” noem hy.

Jacobs voer ook aan dat daar na verlede Woensdag, 21 September se vergadering tussen die universiteit en lede die sakeforum ooreengekom is dat daar terugvoer eers op Donderdag, 29 September verskaf sal word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button