‘n Groep betogers het vanoggend (6 oktober) voor die Bult Spar opgeruk. Hulle het bande voor die winkel gebrand.
Die groep is glo ongelukkig oor vyf werknemers wat na beweerde diefstal by die winkel glo geskors is. Die polisie en sekuriteitsbeamptes is op die toneel en monitor die situasie.
Daar is steeds mense wat by die winkel inkopies doen.
Die Herald is tan ook op die toneel en sal meer inligting deurgee soos dit ontvang word.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



