Local newsNewsNews
Polisie monitor situasie by Mooibank-plotte na betogers klippe gooi en pad versper
Daar is na bewering ongelukkigheid by die inwoners oor 'n petisie wat op sosiale media sirkuleer.

Daar is tans protesaksie by die Mooibank-nedersetting waar die pad wat met klippe by die ingang na die Mooibankplotte teen 17:00 nog versper was.
Daar is na bewering ongelukkigheid onder die inwoners oor ‘n petisie wat op sosiale media sirkuleer. Die petisie wil verhoed dat daar verdere grondbesetting plaasvind in die area.

Die munisipalteit het alreeds in Maart 2021 ‘n uitsettingsbevel van die hooggeregshof in Mmabatho bekom,aa maar tot op datum nog nie uitgevoer nie.
Volgens NW polisiewoordvoer, kol. Amanda Funani, is daar ‘n groep van ongeveer 60 betogers. Die polisie is op die toneel om die situasie te monitor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



