Local newsNewsNews

Stakings in die staatsdiens vir Vrydag beplan

Hierdie punte sluit in Potchefstroom Hospitaal, Departement van Arbeid sowel as Witrand Hospitaal.

Die Vereniging van Staatsamptenare (VSA), wat sowat 235 000 lede in die staatsdiens verteenwoordig, sal van volgende week (Donderdag, 10 November) met ‘n nasionale staking begin, wat ‘n impak op dienslewering regoor alle staatsdepartemente sal hê.

Daar word ook beplan dat VSA-lede in Potchefstroom en groter dele van Noordwes ook alreeds vanaf Vrydag (4 November) by verskeie punte sal betoog. Hierdie punte sluit in Potchefstroom Hospitaal, Departement van Arbeid sowel as Witrand Hospitaal.
Op Vrydag, 4 November sal daart by die Departement van Arbied vanaf 13:00-13:45 stakings plaasvind. Op Maandag, 7 November by Potchefstroom Hospitaal (13:00-13:45) en Dinsdag, 8 November by Witrand Hospitaal (13:00-13:45).

Volgens die VSA sal dit die eerste groot staatsdiensstaking sedert 2010 wees. Die VSA het ook alreeds 24 Oktober 2022 kennis gegee om te staak nadat die unie ‘n skamele 3%-loonaanbod van die regering verwerp het. Vakbonde het aanvanklik ‘n verhoging van 10% geëis toe onderhandelinge in Mei 2022 begin het en dit later tot 6,5% hersien.

Op 10 November 2022 sal VSA-lede regoor die land aan optogte in verskeie provinsies deelneem. Die hoofbyeenkoms vind in Gauteng plaas, waar lede na die Uniegebou in Pretoria sal opruk om ’n memorandum te oorhandig. VSA-lede in Noordwes sal deelneem aan die optog wat in Gauteng plaasvind.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Potchefstroom Herald in Google News and Top Stories.

wouterpienaar01

I am the editor of the Potchefstroom Herald since January 2026. I have a keen interest for sport and local community news. I have more than a decade of experience covering various beats. Journalism is a lifestyle.

Related Articles

Back to top button