Voertuig beland in Wasgoedspruit
Dit is nog onbekend hoe die voertuig in die Wasgoedspruit beland het.
‘n Voertuig is vanoggend (Saterdag, 12 November) teen die wal van die Wasgoedspruit naby Maree-en Hoffmanstrate gevind. Dit is nog onbekend presies hoe die voertuig in die Wasgoedspruit beland het.

‘n Facebookgroep, Potchefstroom First Responders, het die foto gedeel van die verlate voertuig wat volgens bewering deur die veld moes ry en ‘n paar bome mis om in die sloot te beland. Geen persoon is in die voertuig teen 12:00 gewaar nie.

Hewige reën word die hele naweek voorspel met damme (Potch Dam, Boskop Dam) wat alreeds propvol is. By die Klerkskraal Damwal op die N14 was die water alreeds teen 10:00 vanoggend opgestoot. Indien dit meer reën is daar ‘n groot moontlikheid dat die teerpad kan oorstroom.
Motoriste word gemaan om versigtig te wees.




